STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Roeiklub roei dat die water spat as hulle Vrydagmiddae by die hawe bymekaarkom.
Daar is verskillende afstande vir beginners en die meer ervare roeiers, waar die meer ervare roeiers selfs van Jongensfontein roei tot by die hawe.
Selfs Rob Louw, Springbok van weleer, is in die bondel en daar heers 'n wonderlike gees tussen die manne en vroue te oordeel aan die lag en gesels terwyl hulle roei.
Stilbaai Roeiklub is 'n baie aktiewe klub wat deurentyd opleiding gee, Dinsdagmiddae tydtoetse op die Goukourivier doen en dan nog Vrydagmiddae georganiseerd in die see roei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’