STILBAAI NUUS - Die bestuur van die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub in Stilbaai probeer elke maand om 'n interessante spreker te kry vir hulle maandelikse byeenkoms en vir Julie het hulle weereens nie teleurgestel nie.
Stefan Grové, bevelvoerder van die NSRI se Stasie 31 in Stilbaai, het kom vertel hoe die NSRI walvisse, robbe en ander seediere wat verstrengeld raak in toue en nette red in die diepsee.
Dit is 'n yslike probleem regoor die wêreld en bewustheid van die probleem is al 'n goeie begin om dit hok te slaan.
Stefan het ook sommer van die geleentheid gebruikgemaak om bietjie meer te vertel van die verskillende soorte walvisse soos die Noordkapper en ander.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’