STILBAAI NUUS - Stilbaai Gemeenskapsforum, voorheen bekend as Stilbaai Belangeforum, hou 'n uiters belangrike algemene jaarvergadering op Vrydag die 14de Ferbruarie om 16:00 in die saal van die Palinggat-oord.
Tydens hierdie vergadering gaan die lede ingelig word wat die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk dokument, waaraan tans gewerk word, vir Stilbaai inhou oor die volgende vyf- en moontlik twintig jaar.
Hendrik Visser: Direkteur Ontwikkelingsbeplanning, by Hessequa Munmisipaliteit, gaan tydens hierdie geleentheid as gasspreker optree.
Lede sal ook die geleentheid hê om vrae te stel aan Visser rondom die toekomsbeplanning van Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’