Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - ’n Vragmotorbestuurder is ’n rukkie gelede ernstig beseer toe die vragmotor, wat vanaf Ladismith op pad was om veevoer in Riversdal af te laai, die pad om ’n skerp draai in Garciapas, 10 km buite Riversdal, verlaat het.
Die vragmotor het sowat 80 m teen die pas afgetuimel.
Die bestuurder is hospitaal toe geneem en word vir sy beserings behandel.
Nooddienspersoneel is op die toneel.
VIDEO: Vragmotor ongeluk op Garcia’s Pas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’