Gallery
RIVERSDAL NUUS - Voorwaarts Primêr se sterre het weereens geskitter tydens die jaarlikse Ratem Eisteddfod wat vanjaar in Augustus plaasgevind het.
Die drama en sang het onderskeidelik goud en silwer werf en by die kuns was daar enkele bronsmedaljes. Al die spreekkore het goud en goud+ verwerf.
Hier is wat die skool in die verskillende kategorië behaal het:
Kuns
JP Jakobs - goud; Irmy Gelant - silwer; Geovani Saayman - silwer; Sharny Johnson - silwer; Aquila Farland - silwer en Jiolan George - silwer.
Gedigte
Wesley Karelse -goud+; Cornry Goliath - goud; Abrahmia Cullum - silwer en Nadine Prins - silwer.
Spreekkore
Graad R - goud, graad 1 - goud+, graad 2 - goud+, graad 3 - goud+, graad 4 - goud+, graad 5 - goud+, graad 6 - goud + en graad 7 - goud+.
Skaak
Eiliyah Drudé en Jay-Leigh het vroeër vanjaar aan die Wes-Kaap Laerskole individuele skaaktoernooi deelgeneem. Jay-Leigh het daarna aan die Eden-Topskole Toernooi deelgeneem en toe gekwalifiseer vir die Wes-Kaapse topskole waar sy en die res van die o.13-dogterspan derde in die Wes-Kaap geëindig het. Eiliyah Drudé en Jay-Leigh Moses gaan 6 en 8 Oktober aan die SASCA nasionale individuele kampioenskaptoernooi deelneem.
Landloop
Modric Arries en Marciano Jacobs het aan die ASWD-landlooptoernooi deelgeneem, en is toe in die Eden-landloopspan opgeneem. Hierdie twee het onlangs aan die Wes-Kaapse landloopkampioenskappe deelgeneem en sal vanaf 29 en 30 September kragte meet met van die land se beste atlete tydens die SA landloopkampioenskappe in Limpopo.
"Die skool is baie trots op elkeen wat deelgeneem het en elke opvoeder en die afrigters wat so hard agter die skerms gewerk het, baie dankie" het Crystal Pietersen-Grootboom, Voorwaarts Primêr se skoolhoof gesê.
FOTOGALERY: Voorwaarts neem deel in jaarlikse Ratem Eisteddfod
Die kleintjies van die gr. 1-spreekkoor trots by hul goud+ sertifikaat..
Spreekkoor: Graad 3 - Goud+ saam met juffrou Jolanie Stroebel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’