RIVERSDAL NUUSFLITS - Die Voortrekkerkommando het die naweek van 26 tot 28 Januarie hul jaarlikse staptog vir Verkenners meegemaak.
Vanjaar was dit vanaf Jongensfontein na Blombos met 18 hoërskoolleerders en agt volwassenes wat saamgestap het.
Die laaste gedeelte van die roete is Sondagoggend voltooi.
Indien jy by die Voortrekkers wil aansluit, skakel Estelle D'Emiljo by 084 774 4951.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Voor, van links is Luan Taljaard, Sebastien Rabie, Gerrit Steenberg, Miquel D'Emiljo, Daniel de Waal en Chané Fourie. Agter: Wiehan Rall, Marinelle Fourie, Clarian Thornley, Gerhard Keulder en Jaco de Wet.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'