RIVERSDAL - ’n Hoogtepunt op Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse kalender is die gewilde kondisioneringsdag vir voornemende gr. 8-leerders en vanjaar was geen uitsondering nie.
Op Dinsdag 4 November het ’n groot groep van die 2026 'Turke', afkomstig van 38 laerskole regoor die streek, die Oakdale-plaas besoek.
Tydens die dag het die jong seuns aan verskeie evalueringsessies deelgeneem, hul toekomstige klasmaats ontmoet en die amptelike oefenprogram van die Oakdale-kondisioneerders vir die Desembervakansie ontvang.
Voornemende ouers het ook die geleentheid gehad om mekaar en Oakdale se personeel beter te leer ken.
Die dag is gekenmerk deur groot opgewondenheid en entoesiasme – ’n teken dat hierdie nuwe groep Bulle gereed is om in 2026 met trots hul plek op Oakdale in te neem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’