Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Laerskool Volschenk en Laerskool Hartenbos se hokkiespanne het gistermiddag op tuisgrond kragte gemeet.
Die spel het om 15:00 begin net toe ’n bui reën uitgesak het, maar al die spelers het volhard en hulle beste gegee.
Die o. 7 hokkieseuns en -dogters het ouers langs die veld op hul tone gehad en almal verbaas met uitmuntende spel.
Laerskool Volschenk en Laerskool Hartenbos se o. 7-hokkiedogters het ’n harde spel gespeel.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’