HEIDELBERG NUUS - 'n Onbekende man is Woensdag 21 September tragies dood toe hy op die N2 deur 'n motor getref is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, was die bestuurder van 'n grys Mercedes Benz om ongeveer 20:47 in die rigting van Swellendam op pad toe dit naby Kairos Senior Sekondêre Skool 'n voetganger getref het.
Hendricks sê die bestuurder het na die polisiestasie gery het waar hy die voorval aangemeld het. Polisielede aan diens het hulle na die toneel gehaas waar hulle 'n bejaarde man dood aangetref het.
'n Klag van strafbare manslag word ondersoek.
Hendricks doen 'n beroep op enigiemand wat dalk weet van 'n bejaarde familielid wat vermis is, met die plaaslike polisie by 028 722 8200 of met haar by 079 893 9930 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'