STILBAAI NUUS - John Blignaut en sy span van Cape Nature in Stilbaai het Vrydag en Saterdag vier en vyf Oktober opsy gesit om dele van die Noordkapper visvywers te herstel.
Die storms van die afgelope tyd het van die rotse weggespoel en dit het gate in die walle veroorsaak.
John en sy span van Cape Nature is Vrydag bygestaan deur Dr Deon Begeman en Kimball Pitcher en hulle het groot klippe in kniediep water in die gate gepak.
Die visvywers is deel van Stilbaai se erfenis en as die gemeenskap nie inspring en help om dit te bewaar vir die nageslag nie gaan daar niks wees om te sien nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’