RIVERSDAL NUUS - Vier rugbyspelers van Hoër Landbouskool Oakdale en een van Hoërskool Outeniqua is ná afloop van die o.18 FNB Cravenweek in Middelberg, Mpumalanga, opgeneem in die twee SA skolespanne wat Donderdag 17 Julie om 15: 00 teen mekaar gaan meeding op Hoërskool Middelburg se A-veld.
Kai Pratt en Jacobus de Villiers is vir die SA skolespan gekies met Diaan Augustyn, Christian Vorster en Keenan Myers (Outeniqua) wat die SA skole A-span gehaal het.
Veral Vorster sal ’n punt hê om te bewys as hy Donderdagmiddag teen SA se beste skolespelers uitdraf.
Hy was loshande een van die groot uitblinkers by die toernooi, veral in die openingswedstryd teen die hoogaangeskrewe Grey Kollege van Bloemfontein.
Met nóg ’n blink vertoning sal hy wil bewys dat die keurders dalk fouteer het deur hom uit die topspan te laat.
Die WP het altesaam agt spelers vir die SA skolespan opgelewer en 12 vir die SA skole A-span wat net weereens ’n bewys is van hoe goed die SWD in die hoofwedstryd teen die WP gevaar het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’