HESSEQUA NUUS - Dis Nasionale Tuindag vandag - die ideale geleentheid om kleur en fleur aan 2020 te gee.
Een van Riversdal se tuinliehebbers, Yvonne Bokkelkamp, sê sy het meer as 270 roosbome in haar tuin en hulle gaan vandag so bietjie meer spesiale aandag geniet.
Suid-Kaap Forum wil graag met tuinliefhebbers se werk aanlyn spog. Of jou tuin tydens inperking verfraai is met rose, laventel of heuningblomme, of net opgeknap en in ‘n plek van rustigheid omskep is, e-pos asseblief 'n foto na christo@groupeditors.co.za of WhatsApp dit na 082 788 4933.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'