Die voorsitter van die biblioteek- en inligtingsvereniging van Suid-Afrika, Ujala Satgoor het gesê dat hy baie ingenome is met die ondersteuning van die nasionale vergadering met vanjaar se nasionale biblioteekweek wat Saterdag, 16 Maart begin het en tot Saterdag, 23 Maart duur.
Die waarnemende adjunk-hoofsweep van die meerderheidsparty het vermeld dat die huis kennis neem van die viering van die biblioteekweek en 'n paar van die punte wat genotuleer was, is:
- Dat die tema vir vanjaar se byeenkoms, 'Voed jouself by jou biblioteek' nog altyd 'n deurslaggewende rol in die onderwys en self-ontwikkeling gespeel het
- Die huis erken dat die tema 'n geleentheid bied om die rol wat biblioteke in die opvoeding van gemeenskappe en die hele volk speel, onder die aandag van die land, gemeenskapsleiers en besluitnemers te bring;
- Die huis doen 'n beroep op alle lede van die publiek om hul biblioteke te besoek gedurende hierdie tydperk en deel te neem aan die aktiwiteite.