Gallery Update
RIVRESDAL NUUS - Die dorp is Dinsdagmiddag van 12:00 af omtrent op sy kop gekeer toe die eerste van 60 veteraanmotors deur Heidelbergweg gevleg en by die Ou Tronk stilgehou het.
Die Cape 1000 is 'n veteraan toertydren oor vier dae en vyf nagte en toets beide mens en masjien oor die roete van ommenby 1000 myl.
Noem maar op; al die kleure en geure was daar. Motors, miljoene rande werd en waarvan die gewone sterfling maar net kan droom: Lamborghini's, Ferrrari's, Rolls Royce's, Bentley's en Mercedes Benz'e, om net 'n paar te noem.
Na 'n halfuur stop by die Ou Tronk om iets te eet en drink, is die toer voort oor die Garcia-pas op pad na Robertson waar hulle sou oornag.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'