STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-aktiwiteitsekspo gee jou die geleentheid om al die doendinge van die omgewing onder een dak te beleef.
Donderdag 21 Mei bied Stilbaai-biblioteek hulle jaarlikse aktiwiteitsekspo in die gemeenskapsaal aan.
Waarmee hou die Leeskring hulle besig?
Is daar 'n radiobeheer-vliegklub in die omgewing?
Die fotografie-klub gaan 'n uitstalling hê van hulle aktiwiteite en so ook gaan die houtwerkgroep spog met waarmee hulle besig is.
Die filatelieklub sal vir jou vertel dat posseëls nie saam met die poskantoor uitgesterf het nie.
So is daar nog talle ander interessante aktiwiteite soos jukskei, kwilt, en die Stilbaai Sangers.
Jagersbosch gaan gratis bloeddruktoetse doen en daar is 'n stalletjie met heerlike muffins en filterkoffie.
Die ekspo duur van 09:00 tot 13:00 en toegang is gratis. Moet dit nie mis nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’