HEIDELBERG NUUS - Die twee jongmans wat vroeg Vrydagoggend 2 September na bewering 'n motor in Hoogstraat gesteel het, het Maandag 5 September vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die twee, Lee-Mark September (28) en Cedrick Carstens (20), is op aanklag van motordiefstal in hegtenis geneem nadat hulle in Suurbraak deur die polisie vasgetrek is.
Hulle is deur 'n vrou, wat op pad werk toe was, opgemerk terwyl hulle in die vroeër oggendure aan die motor gepeuter het.
Sy het die plaaslike polisie ingelig en beide Riversdal en Swellendam se polisie is ingelig om die N2 af te sper.
Die twee is net buite Suurbraak vasgetrap en in hegtenis geneem.
Die saak teen hulle is tot 12 September uitgestel. Hulle bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'