Breaking News
HEIDELBERG NUUS - Twee jong mans van Heidelberg is vanoggend omstreeks 03:30 ernstig beseer toe die motor waarin hulle was die pad verlaat, gerol en op sy dak tot stilstand gekom het.
Die ongeluk het op die hoek van Hospitaalstraat en Geldenhuysweg knap langs die N2 gebeur.
Die eienaar van die motor is ná bewering glo gekaap deur 'n bekende man wat by hom in die motor was. Die kaper het glo bestuur toe hy beheer oor die motor verloor en dit gerol het.
Beide die eienaar en die vermeende kaper is met ernstige beserings na die hospitaal op Riversdal geneem.
Die plaaslike polisie en forensiese personeel het die toneel opgeruim. 'n Mes is op die toneel gevind wat glo tydens die kaping gebruik is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’