STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Inwonersvereniging het in 2007 besluit om die stukkie aarde aan die oostekant van die Goukou, waar Tuin-Op-Die-Brak vandag gevestig is, te verfraai.
Hulle het gesê daar ry daagliks honderde, en tydens vakansies, duisende mense verby en al wat hulle sien is hierdie veld vol duwweltjies.
Hulle nader toe vir Naomi van Schalkwyk om die projek aan te pak.
Sy en haar komitee het dadelik aan die werk gespring en teen Augustus 2007 is die eerste sooi vir die kiosk gespit en hulle het met 'n klipkoppie begin.
Daarna het die sonwyser gevolg wat met behulp van wiskundiges en satelliete opgerig is.
Met harde werk en deursettingsvermoë was die tuin uiteindelik nege jaar later, teen 2016 gevestig.
Dit is beslis een van die plekke in Stilbaai wat 'n besoeker moet sien en beleef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’