ALBERTINIA NUUS - ’n Ongeluk vanoggend (20 Mei) op die N2 net buite Albertinia ontwrig verkeer nadat ’n trokkie en sleepwa in die pad beland en beide bane versper.
Volgens inligting wat via WhatsApp versprei is, het die ongeluk omstreeks 06:00 in die Zoutvlei-gebied in die rigting van Stilbaai plaasgevind, sowat 34 km voor Riversdal.
Nooddienste is op die toneel om die situasie te hanteer, terwyl motoriste gewaarsku word om uiters versigtig te bestuur.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog onbekend.
Stop en ry is in plek totdat die toneel opgeruim is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’