ALBERTINIA NUUS - ‘n Translux bus oppad vanaf Durban na Kaapstad het vanoggend net na 06:00 op die N2 buite Albertinia aan die brand geslaan.
Volgens ‘n ooggetuie, Melissa Jooste, wat self ‘n passasier was, was daar geen beserings nie.
Noodwerkers was vinnig op die toneel om te help en die pad was vir ‘n ruk lank gesluit.
‘n Ander bus is vanaf Kaapstad gestuur om die gestrande passasiers te kom haal.
Foto en video: Melissa Jooste