STILBAAI NUUS - Die Trans Agulhas-rubberbootwedvaart, wat allerweë beskou word as die strafste ter wêreld, vind van 28 tot 31 Desember plaas en mens en masjien word tot die uiterste beproef.
Die wedvaart oor 700 km begin in Plettenbergbaai en eindig na vier uitmergelende dae in die Strand.
Dag een is van Plettenbergbaai tot by Mosselbaai oor 'n afstand van 188.5 km en dag twee, 29 Desember is die 86 km van Mosselbaai tot by Stilbaai.
Van Stilbaai jaag hulle tot by Struisbaai oor 'n afstand van 161 km en dag vier is die 223 km van Struisbaai na Uilenkraalsmond en dan van Gansbaai tot by die Strand.
By elke oornagpunt is daar ook 'n koning van die branders-kompetisie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’