HESSEQUA NUUS - Met strenger Covid-19 regulasies geproklameer is toeriste Dinsdag, 15 Desember buite Riversdal by ‘n N2-verwelkomingspadblokkade gerusgestel dat die streek baie meer as net die strande wat tydelik gesluit is, bied.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, speaker van die raad, Andrew Stroebel en die adjunkhoof van munisipale verkeersdienste, Mornay Dyason het die motoriste met 'n woord van verwelkoming aangemoedig om die vakansie te geniet.
Geskenkpakkies is aan hulle uitgedeel.
• Lees meer Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'