STILBAAI NUUS - Alle paaie lei vanaand, Woensdag 12 Maart, na die netbalbane by Stilbaai se sportgronde.
Die PRET damesliga netbaltoernooi bereik sy hoogtepunt met die finale twee wedstryde om te bepaal wie is die toernooiwenners en wie kom tweede, derde en vierde.
Kwart voor ses sal High Hoops en Seagulls dit uitspook om die derde en vierde plekke.
Dan kom Thunder Sisters en Berties in die hoofwedstryd aan die beurt om te bepaal wie die kroon dra.
Die afgelope weke was daar heelwat taai wedstryde met Natasha von Molendorff wat haar vinger ontwrig het verlede week en talle valslae deur die toernooi, maar alles sal vergete wees as die wedstryde begin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’