RIVERSDAL NUUS - Dit wil voorkom asof Hessequa die beste plek is om jou goue jare te geniet. Vra maar vir Mattie Pfaff wat Donderdag 6 Julie haar 90ste verjaarsdag gevier het.
Mattie Pfaff, ‘n boorling van Riversdal uit die Vlakte-distrik het nog baie lewenslus en sien kans vir enigiets. Sy voel dat sy alles wat sy wou doen en bereik het die afgelope 90 jaar voltooi is.
Mattie is die middag bederf deur vier van haar kinders en hul gade by Rusticana Gastehuis waar sy kon ontspan en lekker eet.
As gevolg van gesondheidsredes kon een van die seuns, Danie Pfaff, dit ongelukkig nie maak nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’