HESSEQUA NUUS - 'n Span diereliefhebbers het onlangs die Gourits-myl geswem ten bate van Kerneelsie Cares NPC Dierewelsyn.
Dinky Bekker, Sanmarie Moore en Stefan Oosthuizen het die mylroete in die Gouritzrivier, vanaf Witkopklip tot by die sleephelling aangepak as 'n fondsinsamelingsinisiatief om Kerneelsie se diere te ondersteun.
Kerneelsie Cares glo dat elke dier, of dit nou 'n straatkat of 'n geliefde troeteldier van 'n gesin in nood is, 'n kans verdien op 'n gesonde en gelukkige lewe.
Met liefde en toewyding bied hierdie dierewelsyn, basiese veeartsenykundige sorg en sterilisasies om nie net die gesondheid van diere te verbeter nie, maar ook om hoop en verligting vir hul mense en die gemeenskap te bring.
Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om Kerneelsie Cares te ondersteun en saam 'n verskil in die lewens van plaaslike diere te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’