STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub speel Saterdag 19 Julie teen Riversdal Dorp in Riversdal, terwyl Riversdal Blues teen Eagle Stars speel in Sedgefield.
Heidelberg het met hulle goeie spel vir hulle 'n plek in die Top-agt losgespeel, maar bogenoemde drie spanne sal moet verseker dat hulle in die boonste vier plekke van die Uitdaagbeker eindig om nie 'n kans te staan om relegeer te word nie.
Daar is dus vir hulle baie op die spel, terwyl hulle teenstanders soos die All BLacks, Harlequins, George, Eagle Stars en Silver Stars moet baasraak.
Hessequa het egter 'n trotse rugbytradisie en behoort die knoop te kan deurhaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’