BOGGOMSBAAI NUUS - Nie eers die heersende droogte en ’n baie droë Boggomsbaai-gholfbaan kon verhoed dat ’n mooi groep van 52 Suid-Kaap Sages-spelers onlangs op “Boggies” opgedaag het vir ’n ronde gholf nie.
Miskien was dit darem ook die wete dat die Boggies-gasvryheid en heerlike Hanna-ontbyt wat op hulle gewag het, ekstra motivering gegee het!
Die formaat van die dag was ’n Vierbal-samespel met 1, 2 en 3 Stableford-tellings wat op agtereenvolgende putjies getel is.
Die vierballe het behoorlik gekook en goeie tellings is aangeteken.
Die bestes het wyn gewen wat deur Julyan Bruyns, inwoner van Boggomsbaai en sakeman in die Vrystaat.
Uitslae:
• Stoffel en Breggie Maritz (Mosselbaai), Pieter Potgieter en Piet Cronjé (Stilbaai) - 99
• Ernest Roux (Boggomsbaai), Hennie Bosman (Stilbaai), Antony Slater en Gert Brink (Mosselbaai) - 97
• Vince Bruwer en Danie Terblanche (Mosselbaai), Wessel Oosthuizen en David Hawla (Boggomsbaai) - 96
• Paul de Villiers (Riversdal) met 48 punte en Fred Bull (Mosselbaai) met 45 het die beste individuele vertonings gelewer.
• Marius Geldenhuys (Boggomsbaai) het vir die eerste keer as ’n nuwe Sages-lid gespeel.
• Andries en Toy van Schalkwyk (Boggomsbaai), Colin Sharwood en Petro Vorster (Riversdal) - 96
• Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaai), Bennie Geldenhuys en Leon Neveling (Mosselbaai) - 94
• Jarno en Irmadel Loubser (gaste), Theunis Ebersohn en Craffie Crafford (Mosselbaai) - 92
•Nic Marais, Kalla Kalsbeek, Nelus en Mariaan Loots (Mosselbaai) - 91
•Naaste aan die penne is gewen deur Petro Vorster (Riversdal) op 6/15 en Ernest Roux (Boggomsbaai) op 9/18, en hulle het wors huis toe geneem wat deur JC Slagtery van Riversdal geskenk is.
• Pieter Potgieter (Stilbaai) het ’n arend op die 13de putjie aangeteken.
• Dawid Gerber het die enigste spogtwee van die dag behaal.
• Fred Bull (Mosselbaai) het die beste individuele vertoning van die dag gelewer met 45 punte.
• Marius Geldenhuys (Boggomsbaai) is as nuwe lid van Suid-Kaap Sages verwelkom.
Die volgende Sages-byeenkoms van die Suid-Kaap is ’n IPS-toernooi op 20 Oktober in Mosselbaai.
Sterkte ook aan die groep spelers wat op 13 tot 14 Oktober aan die Kaapse Streektoernooi in Langebaan gaan deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’