HESSEQUA NUUS - 'n Groepie van 10 plaaslike jong mans uit die gebied wat hul opleiding as wetstoepassingbeamptes by Wolwekloof Akademie suksesvol voltooi het, is aangestel as wetstoepassingbeamptes, vredesbeamptes en verkeerspersoneel.
Hulle het opleiding in wetstoepassing, noodhulp, brandbestryding en verskeie ander kort kursusse ontvang.
Hulle sal op al die dorpe in die streek werk. Elkeen moet, indien dit gevra word, hul identiteitskaart aan die publiek toon.
Hul sertifikate en identiteitskaarte is Woensdag 30 Augustus deur die onderburgemeester, Johannes Hartnick, die direkteur van gemeenskapsdienste, Chris Onrust, en die hoof van beskermingsdienste, Adneshel Voss aan hulle oorhandig.
Van links is Chris Onrust, Margaret Jakobs, Brain Barbers, Marquin du Plessis, Nicolin Davids, Peter-John Henneke, Jean Horn, Sibusiso Nojoko, Ralph Visagie, Ewen Lotz, Dylan Manho, Adneshel Voss, Angelo Hoogbaard en Frikkie Muller, adjunk-bestuurder wetstoepassing en rampbestuur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'