STILBAAI NUUS - Moeg maar gelukkig het 23 dapper studente van Stellenbosch Woensdag 17 Julie die see ingehardloop by Lappiesbaai in Stilbaai.
Hierdie groepie Atlete vir Christus het van Williston tot in Stilbaai gedraf om fondse in te samel vir Bybelmedia-kursusse in Suid-Afrikaanse tronke.
Die groep bestaan uit 10 drawwers, nege sangspanlede en vier persoonlike werkers en hulle word vergesel deur 'n dominee en busdrywer.
Behalwe vir die fondsinsameling is hulle doel ook om Jesus te verheerlik en om deur middel van sang en getuienis die evangelieboodskap uit te dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’