Die dames verbonde aan die Expanded Works Programme (EWP), oftewel CoastCare het hul 67 minute afgestaan deur skoonmaakmiddels en beskuit te skenk aan die bejaardes van Soeterus versorgingsoord op Melkhoutfontein. Rdl Annemarie Joubert en 'n koördineerder van EWP het die oorhandiging waargeneem.
Sunbeam kleuterskool is ook bederf met opvoedkundige speelgoed vir die kleingoed. Pa en dogter, Bobby en Bernice Mitchley, het die strate ingevaar en pragtige gehekelde serpe en mussies uitgedeel wat met groot glimlagte en verbasing ontvang is.
Stilbaai Spar en 'n plaaslike eiendomsagent het as 'n spanpoging kolwyntjies uitgedeel aan die bejaardes van Huis Lekkerbly. Die persone verbonde aan Die Brug mark het ook hul deel gedoen en koek geskenk aan die Soeterus versorgingsoord en Sunbeam kleuterskool op Melkhoutfontein.

Personeel van Coastcare het skoonmaakmiddels en beskuit uitgedeel by Soeterus versorgingsoord op Melkhoutfontein.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'