STILBAAI NUUS - Dit klink moeilik om te glo, maar om vir 60 jaar lank 'n lid van 'n organisasie te wees is presies wat Rona Nel van Stilbaai reggekry het.
Rona het Dinsdag 8 April 'n langdienstoekenning van Carol Scott, voorsitter van Stilbaai VLV, ontvang vir 60 jaar troue diens en sy is van plan om nog sommer baie jare 'n lid te wees van die VLV.
Daar was ook toekennings vir Renee Wessels (40 jaar), Wilhna Borchardt (30 jaar), Rensia Thompson (25 jaar), Elaine Grobler (5 jaar) en Lydia Janse van Rensburg (5 jaar).
Die VLV is beslis nie 'n plek waar vroue net brei en koekies bak nie, maar 'n organisasie vir persoonlike groei wat aan sy lede die geleentheid vir persoonlike vooruitgang en diens aan die gemeenskap bied.
Dit stel die lede instaat om 'n gesonde gesinslewe te lei en om effektief aandag te skenk aan behoeftes in die gemeenskap en om diens te lewer in hierdie verband.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’