STILBAAI NUUS - Stilbaai-sakekamer, Stilbaai Toerisme en Hessequa-munisipaliteit het op Vrydag 16 Desember saamgespan om besoekers na Stilbaai met 'n welkompakkie en vriendelike geselsies by Julie-se-baai net voor die brug te verwelkom.
Hessequa se verkeersdienste het 'n padblokkade gehou, maar in plaas van die padwaardigheid van voertuie na te gaan, het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, Rachel Wall, voorsitter van die sakekamer, en Mariaan Harris van Stilbaai Toerisme, die dorp se gasvryheid gewys met die oorhandiging van dié geskenkpakkies.
Hulle is bygestaan deur raadslede, lede van die sakekamer en Piet Paling van die toerismekantoor.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'