STILBAAI NUUS - Die Planksaal was Stilbaai se eerste kerkgebou.
Die bekende tannie Helene Steyn het in haar boek oor Stilbaai 'n hele hoofstuk gewy aan Die Planksaal en sy kom en gaan.
Tot en met 1912 is kerkdienste sommer op die strand gehou, maar toe het 'n aantal huiseienaars besluit hulle wil onderdak aanbid en het 380 pond gekollekteer vir 'n gebou naby die Skuitpad in Stilbaai-Wes.
Die twee Dekenah broers, met die hulp van talle vrywilligers, het die gebou binne 'n paar weke opgerig en vakansiegangers kon toe vir meer as 'n halfeeu in hierdie saal aanbid.
Daar is ook vakansietye onvergeetlike verskeidenheidskonserte gehou en bekende kunstenaars van regoor die land het opgetree.
In die middel vyftigerjare is dringende herstelwerk gedoen om sy leeftyd te verleng, maar in 1971 is verklaar dat hy gevaarlik vir publieke gebruik geraak het en Die Planksaal is gesloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’