STILBAAI NUUS - Derek Odendaal, ondervoorsitter van Stilbaai-toerisme het Dinsdagaand, 26 Augustus, tydens die algemene jaarvergadering, 'n oorkonde vir uitmuntende diens aan toerisme aan Annerise Wolmarans, voorsitter van Stilbaai-toerisme, oorhandig.
Annerise sit ongelooflik baie tyd en energie in haar taak as voorsitter ten spyte van 'n baie besige program en op 'n manier hou sy al die balle in die lug.
Buiten haar verantwoordelikheid as voorsitter is Annerise ook die tesourier van Stilbaai-toerisme.
Toerismeburo's in die platteland spook met baie klein begrotings om die boeke te laat klop en sy vervul hierdie taak met ywer en nougesetheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’