STILBAAI NUUS - In Buitekantstraat 37, die huis van Jakkie en Veronica Wessels, staan 'n reuse sonneblom van omtrent 3,2 meter hoog.
Volgens Veronica gee sy die fisante kos in die omgewing waar die sonneblom opgekom het en dit is ook toevallig langs die voëlbad wat beteken dat daar genoeg water is.
Op 'n dag het die sonneblom toe daar opgekom en net bly groei.
Hy is noual so hoog dat hulle hom met 'n stuk lap aan die geut moes vasmaak sodat die wind hom nie omwaai nie.
Behalwe vir die talle blomme is daar nog heelwat knoppe wat moet oopgaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’