STILBAAI NUUS - Helene Steyn skryf in haar boek Stilbaai dat Helgardt van Wyk van Riversdal vroeg in die 1920's 'n vragmotor omskep het in 'n soort van 'n bus.
Die naam "The Maid of the Bay" was netjies op die een kant geverf.
Hierdie luukse vervoer het mense tussen Riversdal en Stilbaai gekarwei. Dit het egter nie altyd danig voorspoedig gegaan nie, want die kontrepsie kon kook soos 'n stoomenjin.
Waar daar water naby die pad was, moes stilgehou word om die enjin se dors te les en die waterkanne vol te maak.
Voordat Skerpkoppies aangedurf kon word, moes die "Maid" eers afkoel en water innneem. Passasiers het asem opgehou wanneer hy die opdraande aandurf, en almal het gesug van verligting wanneer hulle uiteindelik bo uitgekom het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’