STILBAAI NUUS - Nadat ses fietse ter waarde van meer as R87 000 gesteel is by 'n plaaslike kampeerterrein tussen 31 Desember en 9 Januarie het 'n span bestaande uit speurders en sigbare polisielede van Stilbaai die twee sake van diefstal ondersoek.
Die ondersoek het hulle gelei na 'n adres in Albertinia waar twee van die fietse gevind is en 'n jeugdige is gearresteer op klagtes van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Met verdere ondersoek is die ander vier fietse ook by 'n adres in Albertinia gevind en nog arrestasies sal binnekort gemaak word.
Met hierdie blitsige optrede het Stilbaai Polisie 'n duidelike boodskap aan misdadigers gestuur dat hulle liefs moet wegbly uit Stilbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’