STILBAAI NUUS - Diegene wat nie die moeite gedoen het om Vrydagaand 30 Mei na die Gereformeerde Kerk op te ruk vir die Stilbaai Sangers se winterkonsert nie het beslis iets gemis.
Die Stilbaai Sangers bestaan uit drie kore, Die Seisoene Sangers, Disa Dameskoor en die Mannekoor en hulle optredes is beslis een van die hoogtepunte op Stilbaai se kulturele kalender.
Die Seisoene Sangers het die konsert afgeskop met Vivaldi se Gloria en dit het die standaard gestel vir die res van die aand.
Tussendeur het kleiner groepe en soliste die gehoor vermaak en dan was daar natuurlik Lucha Pëterson met haar tjello, Arina Oosthuizen met die saxofoon, Nina du Toit en haar Afrika trom en Christo Pienaar met sy trompet om nog meer luister aan die konsert te gee.
Te gou het die drie kore afgesluit met You'll never walk alone, wat hulle aan Naomi van Schalkwyk opgedra het. Dit was Naomi, vir jare lank die Mannekoor se koorleier, se swanesang en Hanlie Lubbe het haar roerend bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’