STILBAAI NUUS - Die 24 spanne wat dit Saterdag 24 Mei uitgespook het op die pragtige bane van die Stilbaai Rolbalklub het vir heelwat opwinding gesorg.
Spanne van Stilbaai, Hartenbos, Riversdal, Groot-Brakrivier, Sedgefield, Heidelberg, Mosselbaai en Riviersonderend het deelgeneem in 'n drieman kompetisie.
Uiteindelik was dit Piet Grové, Muller Klopper en Koos van Rensburg van Hartenbos wat met die louere weggestap het.
Stilbaai se Wessel Potgieter, Willie Roos en Peter Alexander, die besgeklede span, was in die tweede plek.
Derde was dit Hendrik Boshoff, Steve Myburgh en Dirk Jacobs van Mosselbaai.
Die vise-president van die klub, Cheryl Worth en haar helpers, het natuurlik gesorg vir heerlike eet- en drinkgoed deur die loop van die dag en die mans kon net konsentreer op hulle spel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’