STILBAAI NUUS - In perfekte warm weerstoestande, met nie eens 'n briesie nie, het 26 spanne dit uitgespook om Stilbaai se Presidentsdag trofee huistoe te neem.
Daar was spanne van Vishoek, Durbanville, Oudtshoorn, Riversdal, Hartenbos, Mosselbaai, George, Groot Brakrivier en naturlik Stilbaai wat van vroegdag af die pragtige bane aan die brand gespeel het.
Heel gepas was dit 'n span van Stilbaai wat met die louere weggestap het, hopelik nie omdat hulle 'n huursoldaat in hulle midde gehad het nie.
Tinus Oelofse en die Robbertse egpaar van Stilbaai, Piet en Magda, het pragtig gerol om die dag as oorwinnaars af te sluit.
In die tweede plek was dit Bertu Nel, Ilze Nel en Marco Nel van Mosselbaai en Peter Alexander, Mariana van der Walt en Wessel Potgieter van Stilbaai was derde.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’