STILBAAI NUUS - Die geharde Parkrun deelnemers in Stilbaai laat hulle nie afskrik deur slegte weerstoestande nie. Inteendeel kyk hulle nie eers deur die venster voor hulle aantrek nie.
Hulle sê dat hulle nie gereed is vir die naweek voordat hulle nie die pragtige vyf kilometer roete aangedurf het nie en het Saterdag 7 Junie die stilte voor die storm benut.
Helena Kruger van Stilbaai het Saterdag haar mylpaal van 150 Parkruns bereik en sy is nog lank nie klaar nie.
Die eerste mansatleet by die eindpunt was Anton Chevalier, ook van Stilbaai, wat Januariemaand 'n ernstige nekoperasie gehad het.
Hy sê dat hy dit aanvanklik moes rustig vat, maar hy kan voel dat hy nou weer op dreef kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’