STILBAAI NUUS - Die herbarium in die Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai verrig reusewerk om Hessequa se unieke plantegroei te boekstaaf vir die nageslag.
Op ‘n goeie Dinsdagoggend is daar 12 vrywilligers besig om versamelde plantspesies te droog, te boekstaaf en te liasseer.
Een van die voorvatters, Naomi van Schalkwyk, verduidelik dat as hulle in die veld stap en op ‘n plant of plantjie afkom sal hulle eers ‘n foto van die plant neem. Daarna sal hulle versigtig ‘n takkie afbreek sonder om die plant te beskadig.
By die herbarium word die takkie deur ‘n hele rits stappe geneem, soos byvoorbeeld die wetenskaplike naam word neergeskryf en wie het dit waar gevind het.
Einde ten laaste word hierdie takkie in sy eie omslag geliasseer tussen die ander sowat 2 000 wat reeds geliasseer is.
Die unieke plantegroei te boekstaaf vir die nageslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’