STILBAAI NUUSFLITS - Hengelaars van die plaaslike klub het die sesde liga van die Suid-Kaap interklubkompetisie Saterdag 4 Februarie op Plettenbergbaai gewen.
Stilbaai-hengelaars het die eerste, tweede, vierde en sewende plekke vir die dag ingeneem.
Leon van Wyk was die algehele wenner vir die dag, terwyl AJ de Beer tweede was.
Floris Marais was tweede in die onder 16-afdeling.
Ná ses van die 11 ligas nou agter die rug, loop Stilbaai voor met 624.20 punte.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
AJ de Beer met haai: AJ de Beer het die tweede grootste vis vir die dag uitgetrek.
Lees 'n verwante artikel: Stilbaaier trek haai sonder stert uit
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'