STILBAAI NUUSFLITS - Die skeurtandhaai wat die visueel-gestremde Stilbaai-hengelaar, Leon van Wyk die afgelope naweek tydens die Suid-Kaap Interklub-hengelkompetisie in Plettenbergbaai gevang het, is ‘n uiters rare verskynsel.
Die haai was 1.89 meter lank en het ongeveer 127.67 kg geweeg.
Sy stert kon nog 1.2m by sy lengte gevoeg het en tussen 60 en 70 kilogram by sy gewig.
Volgens Van Wyk (59), ‘n Protea-hengelaar wat al groter haaie as dié een uitgetrek het, is dit moontlik dat ‘n ander roofvis sy stert afgebyt het en ‘n letsel is sigbaar.
Sy haai was die grootste vis wat Saterdag uitgetrek is en hy was die algehele wenner vir die dag.
Die haai was 1.89 meter lank en het ongeveer 127.67 kg geweeg.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'