STILBAAI NUUS - Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se algemene jaarvergadering en imbizo vind plaas Vrydagaand, 21 November, om 18:00 in Die Waenhuis by Jagersbosch.
Op die agenda is:
- GPF terugvoer rakende hulle projekte
- SAPD misdaadverslag en statistieke
- Hessequa-wetstoepassing se terugvoer
- Stilbaai-buurtwag verslag en terugvoer
- Stilbaai-sekuriteitsnetwerk se kameraprojek
- Vrae- en antwoordsessie
Almal is welkom, want dit gaan oor die veiligheid van die dorp en sy mense.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’