STILBAAI NUUS - Stilbaai GPF het Donderdag 27 Julie ‘n imbizo in die gemeenskapsaal gehou om die gemeenskap in te lig oor hulle doen en late.
Projekte waarmee hulle tans besig is, is die kamerabeheerkamer by die polisie, radionetwerk veral as dit beurtkrag is, amptelike buurtwagte in Melkhoutfontein en Jongensfontein, uitbreiding van die kameras in die Stilbaai SAPD distrik, opgradering van die polisiestasie en ablusiegeriewe vir die hofsaal.
Adjudant-offisier O Morné D’Emiljo, bevelvoerder sigbare polisiëring, van Stilbaai het in kort hulle statistieke vir die afgelope ses maande voorgelê.
Frikkie Muller, hoof van wetstoepassing by Hessequa-munisipaliteit, het ook die teenwoordiges ingelig waarmee hulle besig is en dit sluit in die drastiese uitbreiding van hulle vermoë.
AO Morné D’Emiljo (bevelvoerder sigbare polisiëring by Stilbaai-polisie), Frikkie Muller (hoof van wetstoepassing by Hessequa-munisipaliteit), Alison Bryant (voorsitter van Stilbaai GPF), Willem Doman (ondervoorsitter Stilbaai GPF) en Venica Korte (sekretaresse van Stilbaai GPF).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’