STILBAAI NUUS - Die organiseerders van die Stilbaai Fynbosfees het beloof dat hulle hierdie jaar groot gaan.
Die fees gaan weereens by Tuin-Op-Die-Brak wees en die amptelike program is alreeds beskikbaar op hulle facebook blad.
Giselle Courtney van Wellington se fynbosproe van verlede jaar was so 'n weghol sukses dat sy weer terug is met haar unieke samestelling van fynbosgeure om 10:00 Woensdagoggend 25 September en jy sal beslis noual moet bespreek om jou plek aan die tafel te verseker.
Vir die volledige program en ander inligting kan jy ingaan op Tuin-Op-Die-Brak se facebook blad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’