STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Brugmark is deesdae 'n miernes van bedrywighede.
Vroegoggend op 'n Saterdag is die stalletjiehouers besig om hulle stalletjies gereed te kry en teen nege-uur is hulle gereed om die toeloop te hanteer.
Van varsgeroosterde koffie en pannekoek waarvan die stroop uitdrup tot heerlike straatkos en selfs bier is by die talle kosstalletjies beskikbaar.
Daar is klere, kerse, gereedskap en plante, te veel om op te noem.
Vroegoggend is elke beskikbare stoel onder die gerieflike afdak al beset met mense wat lag en gesels, terwyl hulle smul aan die eetgoed en teen twee-uur is alles verby en word daar opgepak vir 'n vale.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’