STILBAAI NUUS - Vrydag 18 Julie is Mandela Dag en hierdie jaarlikse geleentheid word benut deur gewone Suid-Afrikaners wat hulle tyd opoffer om iets goeds te doen vir hulle medemens.
Stilbaai Biblioteek, in samewerking met Stilbaai Animal Protection, gaan hulle tyd gebruik om troeteldiere se naels gratis te knip.
Hulle sal by die Stilbaai Biblioteek wees Vrydag vanaf 10:45 tot 11:45 en inwoners word aangemoedig om hulle honde en katte te bring vir die bederfie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’