STILBAAI NUUS - Stilbaai-biblioteek bied môreoggend, Donderdag 17 April, 'n aktiwiteitsekspo aan in die Stilbaai-gemeenskapsaal. Uitstallers gaan inwoners en besoekers van 09:00 tot 13:00 wys wat alles in dié pragtige kusdorp aangaan en wat daar is om te doen.
Sportklubs, verenigings en talle ander organisasies wat stokperdjies soos tuinbou, musiek, fotografie, lees en skryf aanbied, sal teenwoordig wees.
Gaan maak 'n draai! Jy ontdek dalk 'n splinternuwe, fassinerende stokperdjie.
Verteenwoordigers van die verskeie belangegroepe sal jou met graagte van alles vertel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’